Oranje (kleur)

Hierdie artikel handel oor die kleur. Vir ander gebruike, sien Oranje (dubbelsinnig)
#ff6600

Oranje is 'n kleur geleë tussen rooi en geel in die ligspektrum, en word deur meeste skilders in die tradisionele kleurwiel gebruik.

Die naam is afgelei van die Engelse "orange (fruit)" ('n lemoen in Afrikaans).

In Europa en Amerika word oranje gewoonlik geassosieer met vermaak, die onkonvensionele, ekstroverte, vuur, aktiwiteit, gevaar, smaak en aroma, die herfsseisoen en Protestante. In Asië is dit 'n belangrike simboliese kleur van Boeddhisme en Hindoeïsme.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy